Die liggaam van die 11-jarige Relebogile Segami, wat vroeër as vermis aangemeld is, is in die veld agter die Noord-Kaapse wetgewersgebou gevind.
Haar liggaam is omstreeks 17:50 gevind na die polisie ‘n grootskaalse soektog na haar geloods het.
‘n Man (24) is in hegtenis geneem en vir die kind se moord aangekla.
Dit volg nie lank ná ‘n vrou se arm ook in die omgewing deur ‘n hond rondgedra is nie.
FiND iT was op die toneel in Madiba Square in Galeshewe waar ‘n hond net na 08:00 die oggend die arm van ‘n persoon by ‘n erf ingedra het.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, het toe aan FiND iT bevestig iemand het die polisie in kennis gestel van die arm, en die polisie het die veld en die area om die wonings gefynkam.
Die persoon aan wie die arm behoort het, se liggaam is later net na 11:00 in die bosse gekry.
Lees die berig hier.
Volg FiND iT hier op Facebook.



