Gemeenskap in skok na arm, toe liggaam naby wonings gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT was vanoggend op die toneel in Madiba Square in Galeshewe waar ‘n hond net na 08:00 die arm van ‘n persoon by ‘n erf ingedra het.

Die polisie ondersoek nou die saak.

Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, het bevestig iemand het die polisie in kennis gestel van die arm, en die polisie het die veld en die area om die wonings gefynkam.

Die persoon aan wie die arm behoort het, se liggaam is later net na 11:00 in die bosse gekry.

Volgens een van die inwoners in die omgewing waar die arm gekry is, was dit ‘n vrou se arm. Haar arm was ook glo erg verbrand.

Die oorledene se arm is hier gekry.

Ander gemeenskapslede het aan FiND iT gesê ‘n vrou het ongeveer twee weke gelede vermis geraak, en dat hulle vermoed dat dit haar liggaam is wat gevind is.

Inwoners is bekommerd en bang oor die beboste pad waarlangs hulle daagliks moet loop om by die dorp uit te kom.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.