Die departement van herwinbare goedere het vandeesweek ‘n aansoek ingedien dat die Honoured Dead Memorial-monument oorkant Hoërskool Diamantveld verwyder word.
Die departement het voorgestel dat dié gedenkteken, wat vir die gevalle soldate wat Kimberley tydens die Anglo-Boereoorlog verdedig het, opgerig is, na Magersfontein geskuif moet word.
Dít sal boonop voor die Wildeklawer-sporttoernooi wat by Hoërskool Diamantveld plaasvind op 22 April verwyder moet word.
Die departement sê die gemeenskap en inwoners het tot 10 April tyd om vertoë te rig oor dié skuif.



