Onderwyseres by skool vermoor ná ‘droom’ dat sy die profeet Mohammed slegsê

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onderwyseres is deur een van haar kollegas en dié se niggies vermoor na ‘n familielid glo ‘n droom gehad het dat die onderwyseres die profeet Mohammed sleggesê het.

Twee studente en ‘n onderwyseres het Safoora Bib gister by die hoofhek van ‘n meisieskool voorgekeer en haar met ‘n mes en ‘n stok aangeval.

Volgens die Pakistanse polisie is Bibi dood aan ‘n snywond aan haar keel.

Die twee skoolmeisies het vir die polisie gesê ‘n familielid het ‘n droom gehad dat Bibi teen die profeet Mohammed gelaster het.

Die polisie sê hulle ondersoek ook die moontlikheid van ‘n persoonlike wrok wat die hoofverdagte, Umra Aman, teen die onderwyseres gehad het.

Aman het glo saam met haar twee niggies, wat by Jamia Islamia Falahul Binaat skoolgaan, die moord beplan. – Daily Mail

Volg FiND iT hier op Facebook.