Akteur Bruce Willis tree af weens gesondheidstoestand

Deel hierdie storie / Share this story

Die aksieheld Bruce Willis, bekend vir sy rol in die Die Hard-films, tree nou af weens ‘n gesondheidstoestand wat by hom gediagnoseer is.

Sy familie het Woensdag die nuus bekendgemaak.

“Bruce het gesondheidsprobleme begin ervaar en is onlangs met aphasia, ‘n tipe taalverlies, gediagnoseer,” het ‘n plasing op Instagram gelui.

“As gevolg daarvan en na baie oorweging, tree Bruce nou weg van sy akteursloopbaan wat vir hom so baie beteken het.”

Die plasing is deur Emma Heming Willis, Bruce se huidige vrou, Demi Moore, sy voormalige vrou en sy kinders, Rumer, Scout, Tallulah, Mabel en Evelyn onderteken.

“Dit is ‘n baie uitdagende tyd vir ons familie en ons waardeer julle liefde, deernis en ondersteuning.”

“Soos Bruce altyd sê: ‘Live it up’. En saam, is dit presies wat ons gaan doen.”

Volgens Mayo Clinic is aphasia ‘n toestand wat gewoonlik na ‘n beroerte of ‘n kopbesering voorkom en neem dit jou vermoë om te kommunikeer, weg.

“Dit kan jou vermoë om te praat, skryf of taal te verstaan, beïnvloed.”

Volg FiND iT hier op Facebook.