Oekraïense vrou glo deur dronk Russiese soldaat verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou van Oekraïne is glo verskeie keer verkrag, met haar kind in dieselfde vertrek, oomblikke na haar man deur Russiese soldate doodgeskiet is.

Daily Mail berig die vrou is seksueel aangerand terwyl haar kind in dieselfde vertrek van hulle huis naby Kyiv was.

Iryna Venediktova, Oekraïne se aanklaergeneraal, het die land se eerste verkragtingsondersoek begin ná die dronk soldaat glo by die gesin se huis ingebreek het, die man vermoor het en toe sy vrou verkrag het.

Venediktova sê volgens Daily Mail twee soldate het die vrou in Brovary aangeval. Een is geïdentifiseer.

Die vrou het glo bygevoeg dat die soldaat haar kind met wapens gedreig het.

Maria Mezentseva, Oekraïense politikus, het gesê Oekraïne sal nie stilbly oor seksaanvalle nie. Sy het ook genoem hoe moeilik dit nou vir die vrou se kind sal wees ná sy so iets moes beleef.