Tien mans tussen die ouderdomme van 25 en 50 is verlede week in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hulle na bewering met noodsaaklike infrastruktuur in Klipfontein gepeuter het.
Die Valke het die verdagtes in hegtenis geneem toe hulle in besit van spoorlyndele gevind is. Volgens ‘n woordvoerder van die Valke word hierdie dele gewoonlik aan onwettige skrootwerwe verkoop.
Hy het gesê die Valke in die Vrystaat kan moontlik nog mense in hegtenis neem terwyl die ondersoek voortduur. Die tien verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Vrede verskyn.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Buitelanders in hegtenis na hulle brandstoftenker probeer kaap



