Buitelanders in hegtenis na hulle brandstoftenker probeer kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Vrystaat het Donderdagnag twee buitelanders in hegtenis geneem nadat hulle na bewering probeer het om ‘n brandstoftenker buite Paul Roux op die N5 te kaap.

Die mans wat onderskeidelik 35 en 44 is sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Senekal verskyn. Hulle staar aanklagte van poging tot die kaping van die trok en ‘n klag wat met die besit van ‘n onwettige radio-blokkeringstoestel verband hou in die gesig.

Die dieseltenker was glo van Durban af na Bloemfontein onderweg toe die voorval plaasgevind het.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Joe Biden waarsku Poetin oor Navo-grondgebied