Moenie eens daaraan dink om ‘n enkele duim van Navo se grondgebied te betree nie. Só het die Amerikaanse president, Joe Biden, Rusland Saterdag vanuit die Poolse hoofstad, Warskou gewaarsku.
Hy het bygevoeg dat Navo ‘n heilige verpligting het om elke duim van Navo se gebied met die volle mag van Navo se kollektiewe krag te verdedig.
Verskeie ontploffings het die stad Lwif in die weste van die Oekraïne getref. BBC News berig vyf mense is beseer, en dat vuurpyle ‘n brandstofbergingsfasiliteit en ‘n fabriek getref het.
Die beweerde Russiese aanval het gekom toe Biden sy toespraak in Warskou gelewer het. Lwif is ongeveer 12km vanaf Oekraïne se grens met Pole.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Dlamini-Zuma bought a R800k car just before SA went into lockdown



