Drie Vrystaatse munisipaliteite verskyn Maandag in Bloemfontein voor die Nasionale Raad vir Provinsies se Komitee vir Samewerkende Regering.
Die Mangaung-metro, Kopanong en die Masilonyana munisipaliteite sal na verwagrting voorleggings oor water en sanitasie doen.
Dié drie munisipaliteite staar reuse uitdagings oor water, sanitasie en die verval van infrastruktuur in die gesig. Die munisipaliteite het ook miljoene rande se skuld aan diensverskaffers soos by voorbeeld Bloem Water.
Al drie munisipaliteite loop deur onder streng kritiek van ontstigte inwoners wat keelvol is vir swak dienslewering.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



