Seun (14) val na sy dood by pretpark

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Veertienjarige seun het Donderdag na sy dood geval toe hy op een van die pretritte by die ICON-park in Orlando was.

Tyre Sampson het omstreeks 23:00 by sy sitplek uitgeglip toe hy op die Orlando Free Fall-rit was.

Daily Mail berig die seun was saam met sy vriend se gesin met vakansie toe die ongeluk plaasgevind het.

Hier is ‘n foto wat oomblikke voor die passasiers in die lug opgeskiet is, geneem is.

Tyre en die res van die groep het net voor die rit gehoor dat daar geen veiligheidsgordels is nie en dat passasiers net met die plastiekharnasse vasgehou sal word.

Tyre se harnas was egter nie heeltemal vas nie.

Hy is glo kort na die val na die hospitaal gejaag, maar is oorlede.

Seun (14) val na sy dood by pretpark (Foto’s: Sky News, The Sun, Daily Mail)