Die Oscars is vandag op almal se lippe en negatiewe opskrifte soos Will Smith wat die komediant Chris Rock geklap het, is oral te sien.
’n Oomblik wat tussen Troy Kotsur en sy gebaretaal-tolk plaasgevind het, is ’n mooi oomblik wat baie se harte geraak het.
Kotsur het ’n Oscar gewen vir sy rol in CODA en het sy toespraak in gebaretaal gelewer. Die tolk, wat Kotsur se toespraak in Engels vertaal het, was in die middel van die toespraak in trane.
Kotsur is ’n Amerikaanse akteur en direkteur en is die eerste man met gehoorverlies wat ’n Oscar wen. Hy het sy Oscar aan die gehoorgestremde gemeenskap, CODA en almal wat met beperkinge moet leef, opgedra.
Kyk hier na die video.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



