Polisiebeampte op sy voorstoep vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiebeampte wat nie aan diens was nie en rustig saam met sy nefie op sy voorstoep gesit het, is in 2021 onverwags koelbloedig doodgeskiet.

Twee verdagtes het glo op 7 September 2021 ‘n polisiebeampte wat op die stoep by sy huis gesit het, koelbloedig doodgeskiet.

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes in die saak.

Beeldmateriaal wat die polisie bekendgemaak het, wys hoe die vermeende moordenaars by die polisiebeampte se huis inkom.

Zinzi Hani, polisiewoordvoerder, sê die Valke het omstreeks 15:36 daardie middag ‘n oproep gekry oor die skietery.

Die polisiebeampte was nie aan diens nie en het saam met sy nefie op sy huis se voorstoep gesit toe hy koelbloedig doodgeskiet is.

Die twee verdagtes het met ‘n rooi VW Golf van die toneel af weggejaag.

Enigiemand met inligting kan sers. Cheslyn Christians by 079 880 9841 kontak.

Volg FiND iT hier op Facebook.