Lia Thomas verloor glo haar titel omdat sy transgender is

Deel hierdie storie / Share this story

Lia Thomas het verlede week die eerste transgender atleet geword wat die hoogste Amerikaanse nasionale universiteitsswemtitel gewen het.

Hierdie week het die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, ‘n proklamasie onderteken wat die naaswenner, Emma Weyant, haar titel gee en haar as die wenner erken.

DeSantis het beweer dat die uitslag “die integriteit van die kompetisie ondermyn” en hy het die National Collegiate Athletic Association gekritiseer omdat hulle Thomas toegelaat het om mee te ding.

Hy het gesê: “Die NCAA wend basies pogings aan om vroue-atletiek te vernietig. Hulle probeer die integriteit van die kompetisie ondermyn en hulle kroon iemand anders as die vrouekampioen en ons dink dit is verkeerd. Hulle stel ideologie voor geleenthede vir vroue-atlete en ek dink dat daar net sommige mense is wat bang is om uit te praat en te sê wat hulle doen, maar dit is wat hulle doen.”

Lia Thomas het voorheen vir die Pennsilvanië-manspan geswem voordat sy in 2019 begin het om hormoonvervangingsterapie te kry.

Bronne: Sky News, BBC

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Nuwe maatreëls vir die aangepaste vlak-1 van inperking