‘n Boek wat beweer het dat dit die raaisel opgelos het van wie Anne Frank en haar gesin vermoedelik verraai het, is herroep nadat die bevindings gediskrediteer is.
Die boek se ondersoekspan het voorgestel dat ‘n Joodse man genaamd Arnold van den Bergh moontlik daarvoor verantwoordelik was dat Anne en haar gesin tydens die Tweede Wêreldoorlog gearresteer is.
Sedert dit in Januarie gepubliseer is, is die boek wyd gekritiseer en die bevindinge daarin is sedertdien gediskrediteer.
Die boek – genaamd The Betrayal of Anne Frank: A Cold Case Investigation – het beweer dat die Joodse notaris, Van den Bergh, waarskynlik die Franke se wegkruipplek weggegee het om sy eie familie te red.
Die ondersoekspan, onder leiding van ‘n afgetrede FBI-ondersoeker, het ses jaar spandeer om die koue saak te probeer oplos.
‘n Nuwe verslag oor die Anne Frank-saak het die boek se bevindinge weerspreek en die span se werk “amateuragtig” genoem.
“Daar is geen ernstige bewyse vir hierdie ernstige beskuldiging nie,” het kenners bevind.
In reaksie hierop het die Nederlandse uitgewery Ambo Anthos gesê die boek sal nie meer beskikbaar wees nie en het boekwinkels gevra om hul voorraad terug te gee.
Bronne: BBC, CBC
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Moontlike verraaier van Anne Frank se familie geïdentifiseer na 77 jaar



