Vier Suid-Afrikaanse stede is van die mees gewelddadige stede ter wêreld

Deel hierdie storie / Share this story

Die Mexikaanse Raad vir Openbare Veiligheid en Strafreg het sy jongste ranglys van die 50 mees gewelddadige stede ter wêreld gepubliseer, met vier Suid-Afrikaanse stede wat onder hulle ingesluit is.

Die stad Kaapstad staan tans in die 11de plek. Dit word gevolg deur Nelson Mandelabaai in die 23ste plek, Durban 35ste, en Johannesburg 48ste.

Volgens die ranglys is Zamora in Mexico die mees geweldadige stad ter wêreld.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: ‘Moenie onwettige buitelandse burgers aanstel nie’ sê Ramaphosa op menseregtedag