Studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein verklaar glo ‘oorlog’ teen die bestuur

Deel hierdie storie / Share this story

Dit wil voorkom of voortslepende ongelukkigheid van studente by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein vandag met protes-aksie op die spits gedryf kan word.

‘n Oproep is glo op die Bloem Student Portal aan studente gerig om Dinsdagoggend by die hoofingang na die kampus byeen te kom, vir wat hulle ‘n ‘oorlog’ noem.

Studente word in hierdie plasing gevra om enige iets saam te bring wat hulle as nuttig ag vir ‘oorlogvoering.’

Daar word verder genoem dat hulle nie sal toelaat dat enige klasse voortgaan voordat daar aan al hulle vereistes voldoen word nie.

Volgens ‘n ingeligte bron was daar teen nege uur Dinsdagoggend ‘n handjie vol studente by die hoofhek met die Suid-Afrikaanse Polisie wat die situasie dophou.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die DA het Dinsdagoggend ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê daar is teenstrydige verslae oor die stand van sake met watertoevoerprobleme in die Mangaung-metro