Boeing 737-800 van China Eastern stort neer met 132 passasiers

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boeing 737-800 van die Chinese lugredery China Eastern het Maandag in die suide van China met 132 passasiers en nege bemanningslede neergestort.

Die vliegtuig het in ‘n afgeleë, bergagtige gebied in die Teng-provinsie geval. Die ongeluk het ‘n veldbrand veroorsaak.

Honderde mense van ‘n nabygeleë dorp het hulle na die ongelukstoneel gehaas om die vuur te help blus en met reddingspogings te help.

Die Chinese president het sy skok oor die ongeluk uitgespreek en het ‘n onmiddellike ondersoek na die oorsaak van die ongeluk gelas. Die dodetal is onbekend.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: DA: Teenstrydige verslae oor watertoevoerprobleme in Mangaung-metro