DA: Teenstrydige verslae oor watertoevoerprobleme in Mangaung-metro

Deel hierdie storie / Share this story

Die DA het Dinsdagoggend ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê daar is teenstrydige verslae oor die stand van sake met watertoevoerprobleme in die Mangaung-metro.

Luidens die verklaring word daar nou geen water na Brandkop gepomp nie. Na verwagting sal herstelwerk binne die volgende 24 uur voltooi wees, waarna water weer van die Welbedachtdam na Brandkop gepomp sal kan word.

Hierna kan dit tot 18 ure neem vir die pyplyn om vol te raak. Die gevolgtrekking is dat die suidelike gedeeltes van Bloemfontein nog vir so lank as ‘n verdere twee dae sonder water kan wees indien alle herstelwerk volgens plan verloop.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Pogings om agterstallige skuld deur die Mangaung metro in te vorder, verskerp