Pogings om agterstallige skuld deur die Mangaung metro in te vorder, verskerp

Deel hierdie storie / Share this story

Die Mangaung Metro in Bloemfontein sê hy gaan nou pogings verskerp om agterstallige skuld in te vorder. 

Die Metro se uitstaande skuld wat deur inwoners, sake-ondernemings asook die regering geskuld word, beloop sowat R8 miljard. 

Netwerk24 berig verskeie inisiatiewe is deur die metro ingestel om uitstaande skuld in te vorder, naamlik om dienste van agterstallige verbruikers af te sny, ‘n beloningskema vir die betaling van skuld, inwinning deur middel van ‘n erfbelasting-skoonmaakproses, afbetalingsreëling, asook regsaksie.

Volgens die Metro het meeste inwoners al aanmaningsbriewe ontvang of sal binnekort. 

Afbetalings-oorenkomste kan by alle betalingspunte en by die Bram Fischer-gebou gedoen word.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Mangaung- munisipale werkers kry moontlik geen salarisse hierdie maand nie