‘n Vrou van Delvillepark is sedert Donderdag 17 Maart vermis.
Jo-Anne Lourens (57) het Donderdag omstreeks 12:00 haar dogter se huis op die R404-plaaspad in Geelhoutboom verlaat en in die rigting van die lughawe-kruising gery, berig George Herald.
Jessica Hapgood-Strickland, haar dogter, het toe geslaap.
Volgens Jessica het haar man gesien hoe sy in die rigting van die lughawe wegry. Sy het ‘n wit Chevrolet Aveo 2006-model bestuur. Die motor het ‘n CAW-nommerplaat met ‘n holografiese naaldekoker plakker en vlootblou kruis wat agterop sê ‘Jesus se karretjie’ Sy het net ‘n halwe tenk brandstof.
‘ n Saak is intussen by die George-polisie geopen.
Vir enige hulp of inligting kontak Jessica by 060 349 9881.




