Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul griepinentings te kry voor die winterseisoen aanbreek.
Volgens kenners sal griep die winter baie erger as die vorige paar jare wees, aangesien die Covid-19-regulasies die afgelope paar maande verslap is.
Mense word ook gewaarsku dat die koronavirus steeds gevare inhou.
Die regering sê die beste manier vir Suid-Afrikaners om hulself teen die virus te beskerm, is om hulle daarteen te laat inent.



