Kylie Jenner verander baba ‘Wolf’ se naam

Deel hierdie storie / Share this story

Meeste Kylie Jenner-aanhangers was mal oor die unieke naam “Wolf” wat sy vroeër aangekondig het haar baba se naam gaan wees.

Jenner het egter nou gesê sy voel die naam “Wolf” pas nie regtig by hom nie.

In ‘n plasing op haar Instagram-profiel het die realiteitster gesê die naam verander. Sy het egter nog nie die nuwe naam bekendgemaak nie.

“FYI, our son’s name isn’t Wolf anymore. We just really didn’t feel like it was him. Just wanted to share, because I keep seeing Wolf everywhere.”

Jenner en haar kletsrym-kêrel Travis Scott het die geboorte van hulle seuntjie in Februarie bekendgemaak.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat