Polisiebeampte kniel glo op meisie se nek in beeldmateriaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiebeampte wat van diens af was, is verfilm waar hy op die nek van ‘n 12-jarige meisie kniel.

Die manlike beampte het op 4 Maart op ‘n oproep van ‘n geveg tussen twee studente in die kafeteria in Lincoln Middle School in Wisconsin gereageer.

Hy het na bewering as ‘n deeltydse sekuriteitswag by die skool gewerk.

Die beampte het uit sy posisie bedank en is nie aangekla nie.

Die meisie se pa het gevra dat die beampte aanspreeklik gehou sal word.

Die voorval word ondersoek deur beide die polisiedepartement en die skooldistrik.

Bronne: BBC, Newsbreak

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Mireille Knoll: Killer of French Holocaust survivor jailed for life