Die legende in Country-kringe, Jody Wayne, wat laasweek in die ouderdom van 77 jaar oorlede is, sal Woensdag 23 Maart tydens ‘n privaat diens in Randburg, Johannesburg, gegroet word.
Sy afsterwe volg na ‘n onverwagse val waarna hy in die hospitaal vir ‘n heupvervanging opgeneem is. Weens die swak toestand van sy hart is hy huis toe gestuur sonder dat die prosedure gedoen kon word.
Wayne het meer as 60 jaar die mense van Suid-Afrika met sy unieke stem vermaak.
Die diens word regstreeks op Overvaal Stereo 96.1fm vanaf 14:00 uitgesaai.




