Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het vandag 912 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld, wat die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 705 696 te staan bring.
Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 4,7%. Drie sterftes is ook aangemeld, wat die land se totale sterftes op 99 893 te staan bring.
Die meerderheid nuwe gevalle is in Gauteng (33%), gevolg deur die Wes-Kaap (23%), KwaZulu-Natal (22%) en Noordwes (7%). Die Oos-Kaap en Mpumalanga het elk onderskeidelik 4% van die getalle uitgemaak. Vrystaat en Limpopo staan op 3% en die Noord-Kaap op 0%.




