Vermiste man (24) word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG. – ‘n Man (24) word sedert 15 Maart vermis.

Ao. Nomvuyo Mokoloi, polisiewoordvoerder, sê die polisie versoek die hulp van die gemeenskap om Klein Olgerno (Messi) op te spoor.

Hy is laas op 15 Maart by sy huis gesien.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om ao. Nomvuyo Makoloi by 0824543559 te kontak.