Brandstoftenkwa en Citiliner-bus bots, vat vlam, baie dood

Deel hierdie storie / Share this story

Baie mense is vermoedelik dood toe ‘n brandstoftenkwa en Citiliner-bus op die N2 in die Oos-Kaap gebots en vlamgevat het.

Truckers SA berig die ongeluk het tussen uMtata en Oos-Londen gebeur.

Volgens ‘n getuie op die toneel het die bus en tenkwa albei aan die brand geslaan met passasiers wat steeds binne vasgekeer was.

“Baie mense het ook brandwonde opgedoen, ons het meer ambulanse nodig,” het die getuie aan SA Trucker gesê.

Die Citiliner Coach-bus, wat deur Eldo Coaches bestuur word, het uit die Oos-Londen-rigting gekom terwyl die tenkwa in die teenoorgestelde rigting gery het.