Tamsyn Maker: Hoe het die musiekgroep Blackbyrd begin?

Deel hierdie storie / Share this story

Huldeblyke stroom in vir die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres Tamsyn Maker wat skielik op ‘n jong ouderom oorlede is.

Maker is deel van die groep BlackByrd saam met Tarryn Lamb en Axene Prinsloo. Die groep is in 2012 gestig toe Lamb in ’n advertensie op Gumtree gevra het vir musikante om deel van ’n vroue-musiekgroep te word.

Binne ’n paar maande na die groep bymekaargekom het, het die groep hulle debuutalbum Strong bekendgestel.

Maker en Lamb is ook niggies, maar het nie geweet hulle is familie tot Lamb vir Maker genooi het vir ’n oudisie vir die groep nie.

Huldeblyke stroom op sosiale media vir die jong popsensasie in.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tante van vermoorde Jacques Pretorius praat

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.