Moordenaar, verkragter, rowers ontsnap uit Noordwes-tronk

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van korrektiewe dienste doen ’n dringende broep op die gemeenskap in en om Mahikeng om op die uitkyk te wees vir vier gevangenes wat uit die tronk ontsnap het.

Brig. SB Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die vier gevangenes wat vir onder andere moord gevonnis is, het op 15 Maart by die Rooigrond-korrektiewe fasiliteit ontsnap.

Volgens brig. Mokgwabone is omstandighede rondom die ontsnapping nog nie bekend nie en sal die inligting later bekendgemaak word as ’n ondersoek ingestel is.

*BYGEVOEG: Kyk hier na foto’s van hoe die gevangenes ontsnap het

Die gevangenes is Zacharia Francisco Nyalimate wat 17 jaar gevonnis is vir huisbraak en moord, Alfred Gwambe wat 65 jaar gevonnis is vir huisbraak, diefstal en die besit van ’n gesteelde voertuig.

Siyabonga Sithole is lewenslank gevonnis vir verkragting, diefstal en huisbraak en Edward Madiba dien ’n vonnis van 15 jaar uit vir roof en die besit van ’n vuurwapen.

Enige inligting oor waar die gevangenes is, kan by jou naaste polisiekantoor gerapporteer word.