‘n SAPD-konstabel het Dinsdag die ekstra myl geloop toe hy ‘n vrou onder ‘n boom in Aan de Doornsstraat gehelp het toe sy geboorte gegee het.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ‘n gesonde babaseuntjie is omstreeks 14:50 Dinsdag gebore.
“Adj.-off. Anneline Fielies was besig met patrollie toe ‘n man haar genader het en gevra het om sy meisie, wat kraampyne ervaar het, te help,” sê kapt. Van Wyk. “Sy het ‘n ambulans gebel en intussen die area met komberse afgesper.”
Kapt. Van Wyk sê oomblikke later is die vrou se baba, met hulp van konst. Monray Prins, gebore. “Konstabel Prins was bereid om sy hemp uit te trek om die pasgebore baba te bedek.”
Die vrou en haar gesonde babaseuntjie is met die ambulans se aankoms na die hospitaal geneem.
Volg FiND iT hier op Facebook.



