Dis presies ’n jaar gelede na die 43-jarige Corlene van Wyk grusaam op haar kleinhoewe Jakkalsrand aangeval en vir dood agtergelaat is.
FiND iT het voorheen berig Van Wyk is ernstig beseer na twee mans haar op 15 Maart 2021 aangeval het.
Sy het vertel sy was op pad om te gaan kyk of die wasgoed droog is, toe die twee mans haar oorrompel het. Sy is in haar been en in haar hand geskiet. Die vierde koeël was vir haar kop bedoel, maar haar gebede is verhoor. Dit het slegs ’n skraapwond op haar kop gelaat.
Van Wyk het haar bebloede hand oor haar kop gehou en haar dood geveins. Die aanvallers het gedink sy is dood en die pad gevat sonder om enigiets te steel.
FiND iT is besig met ’n opvolgonderhoud en sal binnekort ’n meer indiepte artikel publiseer oor hoe dit nou met haar gaan.
Volg FiND iT hier op Facebook.



