Doodnormale dag by die werk, toe wen hy R2,2 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (55) van Oos-Londen het ’n doodnormale dag by die werk gehad toe hy op die internet ontdek het dat hy ‘n gelukkie van R2,2 miljoen losgeslaan het.

Die Lottospeler, wat anoniem bly, het meer as R2,2 miljoen losgeslaan toe hy met R50 ’n kaartjie gekoop het.

Hy het aan die National Lottery gesê dat hy geensins van plan is om op te hou speel nie.

Hy wil met die R2,2 miljoen vir hom en sy gesin ’n huis te koop, maar dat hy andersins geensins beplan om sy lewe drasties te verander nie.

Behalwe dat hy Lotto speel, geniet hy dit ook om te lees of na musiek te luister.

Charmaine Mabuza, hoof uitvoerende beampte van Ithuba, sê dis altyd wonderlik om te sien hoe mense se drome waar word wanneer hulle die Lotto wen.

Lees ook: Polisie op soek na vier gevangenes wat ontsnap

Volg FiND iT hier op Facebook.