Dolly Parton het haar verbasing oor haar nominasie uitgespreek en gesê sy dink nie dat sy “verdien” om in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem te word nie.
Dolly Parton het op sosiale media aangekondig dat sy “respekvol” uit die “wedloop” onttrek, aangesien sy nie voel dat sy “daardie reg verdien het nie”.
Dolly het in ‘n plasing op Instagram gesê: “Dolly hier! Al is ek baie gevlei en dankbaar om genomineer te word vir die Rock and Roll Hall of Fame, voel ek nie dat ek daardie reg verdien het nie. Ek wil regtig nie hê stemme moet oor my verdeel word nie, dus onttrek ek. Ek hoop wel dat die Rock and Roll Hall of Fame sal verstaan en bereid sal wees om my weer te oorweeg – as ek ooit waardig is. Dit het my egter geïnspireer om het een of ander tyd in die toekoms ‘n hopelik wonderlike rock ‘n’ roll-album uit te gee, wat ek nog altyd wou doen!”
Dolly het haar man, Carl Dean, daarna as ‘n total rock ‘n’ roll freak beskryf.
En sy het die ander kandidate – wat mense soos Eminem, Lionel Richie, Rage Against the Machine, Judas Priest en Beck insluit – sterkte toegewens voor die insluiting.
Vanjaar se Rock and Roll Hall of Fame-groep sal in Mei aangekondig word.
Bronne: Sky News, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Verlenging van ramptoestand ‘kan kortgeknip word’ deur GROOT regsuitdaging



