Ten spyte van lae Covid-syfers wat sedert die begin van die jaar aangeteken is, is die ramptoestand weereens verleng.
Die kabinet het in Februarie aangedui dat die ramptoestand in Maart sal verval, maar dié belofte is verpletter toe dit weer op 15 Maart verleng is.
Niemand was beïndruk met die besluit nie, veral nie die skadu-minister Dean Macpherson nie, wat die besluitnemers as scumbags bestempel het.
“Nadat Cyril Ramaphosa se regering gesê het die ramptoestand sal op 15 Maart 2022 eindig, het hulle dit weer verleng. Scumbags ... Ons moet regulasies laat vaar en die teater rondom Covid beëindig. Tyd om terug te keer na die normale lewe,” het Dean Macpherson in ‘n verklaring gesê.
Die DearSA-drukgroep het ‘n regsuitdaging teen die voortsetting van die ramptoestand geloods en hulle berei nou voor om die regering hof toe te neem.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Elon Musk daag Poetin uit om te veg



