Elon Musk daag Poetin uit om te veg

Deel hierdie storie / Share this story

Elon Musk het Wladimir Poetin uitgedaag tot ‘n enkelgeveg. Musk het Maandag 14 Maart op Twitter geskryf dat hy Wladimir Poetin tot ‘n enkelgeveg wil uitdaag.

Die twiet het sedertdien viraal gegaan namate miljoene mense regoor die wêreld hul gedagtes oor ‘n geveg tussen Poetin en Musk deel.

Die twiet was in Cyrilliese skrif met ‘n Engelse vertaling sodat almal sy betekenis sou verstaan: “Hiermee daag ek Wladimir Poetin uit tot ‘n enkelgeveg. “Stakes” is Ukraine,” het hy geskryf terwyl hy seker gemaak het om die amptelike Twitter-rekening vir die Russiese presidentskap te merk.

In ‘n opvolg-twiet het die Suid-Afrikaans gebore Amerikaanse miljardêr geskryf: “Stem jy in tot hierdie geveg?”

Vir diegene wat gretig wag vir ‘n antwoord van Poetin, was daar ongelukkig nog geen reaksie nie.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Covid-19: Is die einde van die ramptoestand in sig?