Covid-19: Is die einde van die ramptoestand in sig?

Deel hierdie storie / Share this story

Die uitkomste van die Nasionale Koronavirus-bevelsraad (NCCC) se vergadering op Maandag 14 Maart 2022 sal waarskynlik bepaal hoe lank die ramptoestand sal voortgaan.

Volgens Sunday Times is die ramptoestand bo-aan die agenda wanneer die NCCC vergader, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat dit binnekort geskrap sal word.

Luidens die publikasie het ministers versuim om ooreen te kom oor ‘n stel regulasies wat ingestel kan word om die ramptoestand te vervang.

In Februarie het dr. Phaahla gesê dat ‘n aantal departemente alternatiewe maatreëls oorweeg wat in wese die ramptoestand, wat na verwagting op Dinsdag 15 Maart 2022 sal verval, sal vervang.

“Die Nasionale Gesondheidsdepartement is die voorloper in daardie opsig. Ons werk aan ons gesondheidsregulasies en maak seker dat ons genoeg beskermingsmaatreëls deur die Nasionale Gesondheidswet en sy regulasies het om die Rampbestuurswet te vervang,” het Phaahla gesê.

Dit sal die weg baan vir president Cyril Ramaphosa om die nasionale ramptoestand amptelik te beëindig, soos hy vroeër vandeesmaand tydens sy staatsrede (SONA) aangedui het hy sal doen.

Bronne: MSN, The South African

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Oproepe neem toe op die regering om die nasionale ramptoestand te beëindig