Oproepe neem toe op die regering om alle Covid-19-beperkings te skrap.
TimesLive het die naweek berig dat president Cyril Ramaphosa nog een sogenaamde familievergadering byeen gaan roep om die koronavirus-pandemie te bespreek en dat sy toespraak goeie nuus sal bevat.
Daar word bespiegel dat Ramaphosa die opheffing van die nasionale ramptoestand gaan aankondig wanneer hy die land later vandeesmaand sal toespreek.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê dit is tyd dat alle Covid-19-beperkings tot ‘n einde kom.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Ramaphosa behoort binnekort die nasie toe te spreek



