AfriForum sê die regering se pogings om ’n nuwe sensuurwet deur te voer, is onaanvaarbaar. Hy sê dat dié riglyne te veel magte aan die FBP, die Rolprent- en Publikasieraad, gee.
Hiervolgens sal alle wettige inhoud wat voldoen aan die kriteria van ’n film, speletjie, publikasie of aanlyninhoud, onder die jurisdiksie van die FBP val. Dit sal selfooninhoud, video en ander inhoud wat op die internet gepubliseer word, insluit.
Enige inhoudskepper wat ’n video of foto op sosiale media wil plaas, sal by die Film- en Publikasieraad geregistreer moet wees én die inhoud moet goedgekeur word alvorens dit geplaas mag word.
AfriForum het gevra dat die tydperk vir kommentaar tot einde Maart verleng moet word.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Ramaphosa verdedig SA-standpunt oor oorlog tussen Rusland en Oekraïne



