Verdagte (51) vas oor hy glo onwettig met diamante handel dryf

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke het Maandag ‘n 51-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklag daarvan dat hy in ongeslypte diamante handel dryf.

Kapt. Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagte is in hegtenis geneem toe die polisie tydens ‘n soektog op drie diamantligte, vyf diamantskale, twee sakrekenaars en ander diamanttoerusting afgekom het.

Die verdagte was glo betrokke by diamanttransaksies ter waarde van R144 000.

Hy sal vandag in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Jong entrepreneur in Kimberley open nuwe besigheid