André Hanekom (19) ‘n dinamiese jong entrepreneur, het in Januarie 2022 ‘n splinternuwe besigheid oopgemaak. Budget Hardware/Feeds is ‘n mini-koöperasie, en alhoewel dit ‘n nuwe besigheid is, is die pryse geweldig kompeterend.
Budget Hardware/Feeds is geleë in Cartersweg 2, Rhodesdene in Kimberley. Hier kan jy enigiets in die hande kry. Hulle spesialiseer in voere, hardeware, drukpompe en vele meer.
Vir André is sy kliënte se ervaring van sy besigheid die belangrikste. “Vir my gaan dit oor baie meer as net die verkoop van die produk, dit gaan oor die interaksie met die kliënt self.”
Budget Hardware lewer uitstekende diens met aflewering daarby ingesluit. Hulle voorsien ook werk aan drie mense, wat voorheen werkloos was.
André se mentor is sy pa, Elbé Hanekom. ‘n Mens kan nie anders nie as om dié jong entrepreneur te ondersteun en te bewonder vir sy besluit om vir homself ‘n toekoms in ‘n harde besigheidswêreld uit te kerf.
Om bestellings te plaas en vir meer inligting kontak André by 060 518 4367
Produkte wat Budget Hardware/Feeds verkoop:
Voere:
Lusernpille
Lusernbale/ klein
Mielies
Gebreekte mielies
Hawer
Hoender-lêpille
Braaikuiken aanvangs
Braaikuiken groei
Braaikuiken afrond
Vark-groeimeel
Fase D bul-rantsoen
Hondekos:
Firstline Standard (10 kg & 20 kg)
Firstline Premium (10 kg & 20 kg)
Tuin: Kompos
Mieliemeel/ Super Maize Meal
Wabona 5 kg
Wabona 10 kg
Sement:
Larfage (42.5)
Sink
Draad
Staalpale
Sparre
Gumpoles
2.4 m- 6 m Laths
Watertenks: (1000l-5000l)
ECO (10 jaar waarborg/volle terugbetaling)
GECKO tanks
Drukpompe:
.35 kw-.75 kw (verskeie )
Structure Wood:
38×38
114×38
38×50
38×76
Pine Wood: (DIY)
76x19x3m
102x19x3m
114x19x3m
Eureka
Skroewe
Spykers
Draadstawe/Threaded rods
Moere/Nuts
Wassers/Washers
Boorpunte
Hamilton
Roller alle groottes
Supafoam roller alle groottes
Roller en rolbak alle groottes
Skuurpapier
Verfkwas alle groottes



