Rebel Wilson gee Poetin middelvinger by Baftas

Deel hierdie storie / Share this story

Rebel Wilson het Sondag 13 Maart die 75ste jaarlikse Bafta-toekenningsaand aangebied. Dit was haar tweede keer as aanbieder van dié geleentheid nadat sy die gehoor se harte met haar grappies in 2020 gesteel het.

Wilson het baie onderwerpe in haar toesprake by die toekennings aangespreek, wat Rusland se oorlog teen Oekraïne ingesluit het.

Tydens haar aanbieding het sy haar middelvinger vir die Russiese president Wladimir Poetin gewys met die woorde: “Gelukkig is dit in alle gebaretale die gebaar vir Poetin”.

Die BAFTA-voorsitter het ondersteuning aan Oekraïense burgers uitgespreek in sy openingstoespraak by die toekennings.

Bronne: Metro, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Elon Musk daag Poetin uit om te veg