Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het gesê die enkele grootste rede waarom skoolkinders akademies faal, is omdat hulle nie moedertaal-onderrig ontvang nie.
Volgens The South African het sy gesê die regering wil nou in ‘n rigting beweeg waar kinders in alle provinsies in hul huistaal onderrig word.
Motshekga het hierdie ingrypende stap verlede week gedurende ‘n vraag-en-antwoord-sessie in die parlement bekend gemaak.
Sy het gesê kinders vaar swak omdat hulle in Engels moet leer en het genoem dat daar reeds in die Oos-Kaap groot vordering gemaak is met die gebruik van moedertaal as onderrig-medium.
Sy sê dit is nou tyd om hierdie model ook in die ander provinsies uit te rol.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Verlenging van ramptoestand ‘kan kortgeknip word’ deur GROOT regsuitdaging



