Die eerste persoon wat ‘n vark se hart gekry het, is twee maande ná die mediese mylpaal oorlede, sê die hospitaal waar die oorplanting plaasgevind het.
Daar was hoop dat dié oorplanting eendag die tekort aan organe vir oorplanting sal oplos.
David Bennet (57) het op 7 Januarie die oorplanting gekry en is op 8 Maart oorlede, het die University of Maryland Medical System in ‘n verklaring gesê.
“Daar is nog nie duidelikheid oor presies wat sy dood veroorsaak het nie,” het een van die hospitaal se woordvoerders aan AFP gesê.
Lees die vorige berig hier.



