Pa tronk toe oor babadogter sterf ná hy ‘deurnag videospeletjies speel’

Deel hierdie storie / Share this story

Die 19 maande oue baba Kiera Conroy se lewelose liggaam is vyf dae voor Kersfees in haar bedjie gevind.

Michael Conroy (27) en Kirsty Boyle (24), baba Kiera se ouers, het die vorige aand laat wakkergebly, videospeletjies gespeel en daarna geslaap terwyl Kiera alleen in haar bababedjie gelos is.

Boyle het Kiera om 17:00 op 20 Desember 2017 in haar bedjie ontdek.

‘n Ondersoek dui daarop dat Kiera vier hoenderblokkies (nuggets) en spaghetti geëet het voor sy daarna vir 21 uur sonder kos gelos is.

Die oorsaak van Kiera se skielike dood was aanvanklik onverklaarbaar en Boyle het later vir die polisie gesê: “Ons is altwee stukkend. Ons het deurnag wakkergebly. Dit is ‘n slegte gewoonte.”

Sy het gesê sy en Conroy het tot 06:30 die oggend wakkergebly en video- en selfoonspeletjies gespeel.

Sy sê toe hulle Kiera nie meer kon hoor huil nie, het hulle aangeneem sy was aan die slaap.

Conroy is tot 14 maande tronkstraf gevonnis. – Daily Mail, Mirror