Griewe wat volgens studente nog nie opgelos of aangespreek is nie het nou tot gevolg dat studente van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT) in Bloemfontein ‘n vreedsame protes-aksie buite dié instansie se hek hou.
‘n Bron wat anoniem wil bly uit vrees vir viktimisering, het gesê dat klasse glo aanlyn sal voortgaan tot tyd en wyl aan die studenteraad se eise voldoen word.
Rosestad-nuus het verder verneem dat die aksie vreedsaam is en dat alle reëls gevolg word en die nodige toestemming bekom is om die protes-aksie te mag hou.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



