Die Smile-stigting sorg vir breë glimlaggies

Deel hierdie storie / Share this story

Minstens drie-en-twintig kinders gaan ná vandeesweek rede hê om breed te glimlag, wanneer die Smile-stigting hul lewenskwaliteit onherroeplik sal verander.

Meer as vier-duisend kinders se lewenskwaliteit is reeds drasties oor die afgelope 21 jaar deur dié stigting verbeter deur chirurgiese regstellings van abnormaliteite van die gesig.

Hierdie dapper kinders se regstellende operasies begin van vandag af by die Universitas-akademiese Hospitaal in Bloemfontein.

Kim Robertson Smith, die Smile-stigting se hoof uitvoerende beampte, het gesê hulle is baie dankbaar vir elkeen se besonderse bydrae. Sy het bygevoeg dat hulle graag erkenning wil gee aan elke lid van die mediese spanne en ander betrokkenes wat help om hierdie kinders se lewenskwaliteit te verbeter.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Bloedgroep kan rede wees dat jy doodgaan van Covid-19