Ashley Oosthuizen dalk nie só onskuldig nie

Deel hierdie storie / Share this story

Ashley Oosthuizen (23), wat tans in ‘n tronk in Thailand is vir ‘n misdaad wat sy beweer sy nie gepleeg het nie, is dalk nie só onskuldig nie.

Volgens AfriNuus het hul vertroulike WhatsApp-boodskappe tussen Oosthuizen en Tristan Nettles, haar kêrel verkry, wat in die hof as bewyse ingedien is as bewys dat sy toe al die tyd deel van die dwelmsmokkelary was.

Hoewel Nettles die meesterbrein agter die internasionale dwelmsmokkelary was, wil dit voorkom of Oosthuizen wel bewus was van die inhoud in die pakkie (MDMA) toe sy daarvoor geteken het.

Volgens Oosthuizen het sy nie geweet dié pakkie waarvoor sy teken, bevat dwelms nie.

Die Hot in A Biscuit-restaurant waar Oosthuizen gewerk het, het na bewering sy deure gesluit ná die beweerde dwelmhandel. Nettles was die eienaar van dié restaurant.

Die #FreeAshley-beweging is ook intussen op die been gebring nadat talle mense uitgevaar het omdat Oosthuizen onskuldig in die tronk sit.

Oosthuizen het aanvanklik die doodstraf gekry, maar die vonnis is later na lewenslange tronkstraf verander.