Verdagte glo met R1 miljoen se dagga gevang

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het Donderdag dagga ter waarde van R1 miljoen gekonfiskeer en die verdagte wat glo in besit daarvan was, in hegtenis geneem.

Lt.-kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die 38-jarige verdagte is in hegtenis geneem na hy glo met die dwelms op pad was na Kaapstad.

Lt.-kol. Masondo sê lede van SANEB en die polisie het gereageer op inligting dat die huis in Clayville in Olifantsfontein met dagga handel.

“Toe die polisie op die toneel kom, het hulle die dagga in ‘n bakkie gekry en ander wat agter in die huis weggebêre was.”

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die dagga vir Kaapstad bestem was.

Die verdagte is in hegtenis geneem en aangekla daarvan dat hy met dagga handel. Hy sal binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.