Foto: Baie skade is aangerig tydens die plundery in KwaZulu-Natal, DispatchLive
Die streekshof in Durban het Mvelo Majola tot ses jaar tronkstraf gevonnis ná hy skuldig gepleit het op aanklag dat hy ‘n voertuig tydens die plundery wat in verlede jaar in KwaZulu-Natal plaasgevind het, gesteel het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê die voertuig, ‘n Hino-vragmotor, was een van nege wat tydens die plundery in Julie 2021 by die maatskappy Pharmed Pharmaceuticals gesteel is.
Majola het in sy getuienis gesê hy het van die mense geken wat deel was van die plundery en dat een van húlle vir hom die voertuig gegee het.
Hy het gesê hy wou vriende en familie met die voertuig besoek en was van plan om die voertuig daarna iewers te los.
Hy is ‘n paar dae later deur die polisie in hegtenis geneem toe hulle hom met die gemerkte maatskappyvoertuig sien ry het. Hy kon nie die polisie se vrae beantwoord nie, en die eienaar van die voertuig het die voertuig as syne geïdentifiseer.



